Huis Loural is in die 90’s gestig as ‘n siekeboeg, deur die Fonteine Park Sekuriteits-Oord wat deur afgetrede persone bewoon word.
In 2010 was die fasiliteit deur Huis Elsjé (wat deur Lou en Ralie van Aswegen gestig en aan die ACVV geskenk was) gekoop, en van daar het die fasilieit die nuwe naam Huis Loural gekry.
Huis Loural spesialiseer in 24uur sorg vir verswakte persone en kan tot 18 persone akkommodeer.
Vir beskikbaarheid van kamers, kontak ons by 044 601 1708
Ons dienste sluit die volgende in
Ons maak graag gebruik van vrywilligers om ons te ondersteun om ons oë, ore, hande en voete te wees. Werksdruk is geweldig groot en nooi ons enige vrywilliger om ons te kom ondersteun om ons inwoners geselskap te hou, speletjies te speel, boek voorlesings te doen, musiek te maak, en dies meer.