HUIS ELSJÉ bestaan sedert 8 Julie 2008 en was gestig en aan die ACVV geskenk deur Lou en Ralie van Aswegen. Die fasiliteit was vernoem na hulle oorlede dogter, Elsjé – ‘n Downsindroom lyer.
Ons spesialiseer in die versorging van persone met Demensie, waarvan Alzheimer se Siekte die bekendste tipe is.
Vir beskikbaarheid van beddens, kontak ons by 044 690 3144
Ons dienste sluit die volgende in
24 uur versorging met Mediese onderbou. Die skofte word gedek met Professionele Verpleegkundiges en spesiaal opgeleide Versorgers.
Volledige kombuisdiens wat drie gebalanseerde maaltye per dag (wat deur ‘n geregistreerde dieëtkundige goedgekeur is), tussen-in versnapperinge en vloeistowwe voorsien.
Volledige Wasgoed- en skoonmaak diens
Gratis haarversorging
Gratis Biokinetiese dienste (2 sessies per week)
Dagsorg, soos en wanneer benodig, teen ‘n dagtarief
Stimulerings aktiwiteite
Aankoop en verskaffing van inkontinensie produkte (bv. doeke)
Gratis vervoerdienste waar familielede vêr of onbetrokke is
Spesialis opleiding aan alle personeel in die versorging van persone met Demensie
Hierdie opleiding word ook aan ander fasiliteite en buite persone beskikbaar gestel op versoek
Hulp, ondersteuning en berading vir Versorgers
Ondersteun ondersteunersgroepe en lewer gemeenskaps praatjies
Ons maak graag gebruik van vrywilligers om ons te ondersteun om ons oë, ore, hande en voete te wees. Ons ruil gemiddeld 156 doeke per dag en doen 130 voedings. Werksdruk is geweldig groot en nooi ons enige vrywilliger om ons te kom ondersteun om ons inwoners geselskap te hou, speletjies te speel, boek voorlesings te doen, musiek te maak, en dies meer.
“Community Mental Health Establishment (nr 28)”
Ons is geregistreer as n “Community Mental Health Establishment (nr 28)” by die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, asook as “Frail Care” by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Ons is gelisensieer om 38 pasiënte te huisves en lewer ‘n omvattende 24/7 versorgingsdiens.
Ons personeel/inwoner verhouding per skof is tans 1:5, wat beduidend hoër is as die nasionale norm, omdat ons gespesialiseerde dienste lewer. Alle personeel word spesiaal opgelei om pasiënte met Demensie te versorg.
Ons het ook toegewyde “Aktiwiteitskoördineerders” in diens wat die pasiënte bedien met n verskeidenheid van ontspannings- en/of afleidingstegnieke.