Winterhoop 2022

Ons kombineer weer vanjaar die Bottels Ubuntu met Winterhoop siende dat die doel daarvan dieselfde is, i.e om kwesbare kinders, gesinne en groepe te help.  Die oproep aan die publiek is om ons te ondersteun om warm klere, komberse, nie-bederfbare voedsel en natuurlik, ons Bottels Ubuntu te skenk ten einde hoop, omgee en warmte aan diegene in nood te bied. 

Elke donasie ontvang (ook geldelik) moet by die Administrasie Beampte ingehandig word omdat rekord daarvan gehou moet word:

  • Huis Loural:  Chantel van der Westhuizen

(044 601 1708)

Witteboom Straat, Hartenbos

  • Huis Esjé:  Nakkie Zerwick

(044 690 3144)

Zeta Straat, Mosselbaai

Rekord sal ook gehou word van die aantal persone of families bereik gedurende die projektydperk (1 – 30 Junie)