Die Department van Maatskaplike Ontwikkeling het verlede week ‘n skrywe gerig waarin ons herinner word aan die toename in Covid en spesifiek verwys na fasiliteite se verpligtinge en protokolle. Ad-hoc inspeksies word gedoen deur die Departement van Arbeid en die Tuinroedte se gesondheidsdepartement om te verseker dat werkgewers aan Wetgewing en die tersaaklike regulasies voldoen. Klem word veral gelê op
- Die dra van gesigsmaskers – Seksie 34 (2)
- Seksie 41 (f) (1) gekontroleerde besoeke
- Besoeke moet beplan wees: Ons moet per dagboek bewys lewer dat afsprake geskeduleer word
- Bewys van skandering voor besoeke plaasvind moet gelewer word
- Bewys moet gelewer word dat besoekers vir simptome en vorige blootstelling gemonitor word
- Seksie 46 (1) (a) verplig ons om ‘n Covid-19 nakomings beampte en ‘n plan van aksie in plek hê om voorkomend op te tree.
Ons verstaan dat dit vakansie seisoen is en dat verwante vêr reis om hulle geliefdes te besoek. Dit gebeur egter veral oor naweke dat besoekers sonder afsprake opdaag om ons inwoners te besoek of uit te neem. Ons personeel word onder druk geplaas (soms onbeskof behandel) omdat hulle is nie bewus is van die besoeke nie.
Ek vra asseblief u samewerking om by die protekolle te hou wat van ons vereis word. Ons sal sover moontlik alles binne ons vermoë doen om almal te akkommodeer en vra u samewerking om familie en vriende in te lig oor die vereistes.
HUIS LOURAL groete.
Gert Meiring
BESTUURDER